Prins (Ryan Pedro)

Read full text
Authors: Elodi Troskie
Cited by: 0

Abstract

teks kan as 'n vorm van outofiksie geklassifiseer word aangesien die inhoud grotendeels ooreenstem met ware gebeure en ervarings.Slegs in enkele gevalle is persoonsname verander of is e-posse verkort.Die gebruik en insluiting van e-posse wat die outeur en sy vrou tydens die eerste jaar van hulle verblyf in Nieu-Seeland aan vriende en familie in Suid-Afrika gestuur het, verskyn regdeur die teks.Die verteller maak dus staat op hierdie e-posse om gapings in sy geheue te vul.In die voorwoord beskou hy die teks as 'n "e-pos-epos" (9) van sy en sy gesin se ervarings vanaf hul aankoms in Nieu-Seeland.Van den Berg noem in die voorwoord dat die boek nie "'n handleiding oor emigrasie of 'n objektiewe ervaring […] verteenwoordig nie" (9).Hy noem verder dat dit 'n "outobiografiese geskrif" (10) is en dat hy "nie simpatie [soek] nie" (10).Soos talle Suid-Afrikaners wat emigreer, is Van der Berg se rede om sy vaderland te verlaat grootliks daarop geskoei om van die hoë misdaadvlakke in Suid-Afrika te ontsnap.Uit die staanspoor blyk dit duidelik dat sy vrou nie ten gunste van hierdie drastiese besluit was nie, maar tog Suid-Afrika verlaat op voorwaarde dat hulle moet terugkeer indien die spreekwoordelike gras nie groener in Nieu-Seeland is nie.Laasgenoemde dra egter by tot konflik en het amper die verteller se huwelik gekelder.Die narratief as geheel is 'n onpretensieuse en boeiende leeservaring wat geen heilige koeie ontsien nie.Van der Berg se beskrywings van hul eerste jaar in Nieu-Seeland is alles behalwe sprokiesagtig.Die leser moet egter deurentyd in ag neem dat die vertelling subjektief van aard is en dat verskillende persone die emigrasieproses asook die land waarheen hul emigreer anders ervaar.Die verteller fokus hoofsaaklik op sy deurlopende stryd op soek na 'n voltydse betrekking en hoe hierdie faktor die gesinsdinamika negatief beïnvloed.Naas die deurlopende bekommernis oor 'n vaste inkomste is die kulture praktyke, die natuurlike omgewing, asook die plaaslike bevolking se sin vir humor met tye problematies.Mettertyd kom die verteller egter tot die besef dat die besluit om te emigreer dalk nie die beste besluit was nie.Desnieteenstaande het hy en sy gesin onversetlike deursettingsvermoë getoon en elke uitdaging met mag en mening getakel.Van den Berg se Landuit, want jy wil mos is myns insiens een van die boeke wat elke emigrant moet lees voordat hy of sy daardie pad aandurf.Alhoewel Van den Berg en sy gesin na dekades hul voete in Nieu-Seeland gevind het, is daar 'n ewige hunkering na die vaderland, Suid-Afrika.Die boek is egter nie 'n geweeklaag nie.Die verhaal is interessant en verken aspekte oor emigrasie wat selde in informele gesprekke aan bod kom.Verskeie humoristiese gebeurtenisse en sêgoed laat die leser met 'n gevoel van genoegdoening.Van den Berg se vloeiende skryfstyl sorg vir 'n genotvolle en bevredigende leeservaring.

Fields of Study & Subjects

Autobiographical and Biographical Writing Postcolonial and Cultural Literary Studies Literature: history themes analysis

Publication details

Journal / source
Tydskrif vir letterkunde
Volume
62
Issue
2
Pages
80–82
Publication date
5 March 2026
Language
AF