A corpse is also a garden (Pieter Madibuseng Odendaal)

Read full text
Authors: Mathilda Smit
Cited by: 0

Abstract

is, word Covid-19 en die grendeltyd ook in waterman te berde gebring.In hierdie afdeling vind ons ook gedigte wat besinnend omgaan met hoe die moderne mens deurlopend en aanhoudend gekonfronteer word met nuus oor terloopse gewelddadighede beide ter plaatse asook internasionaal (bv."Homeopatie", 32 en "en nou, die weer", 37).Verskeie gedigte besin verder oor die broosheid van kuns en taal, en die (on)vermoë daarvan om menslike ervaring en emosie weer te gee, byvoorbeeld "Bocelli se Covid-konsert" (34), "By die brand van die biblioteek (39), "Hélène Grimaud speel Ravel" (42) en "Dinnerpaartie (44).Die derde afdeling, "Kajuit" (die intiemste ruimte op 'n skip), bevat gedigte oor die digter-spreker se gesin, kinders en familie, en is van die mooiste gedigte in die bundel.Positiewe beelde van manlikheid word deurlopend gegee.Van die eerste ontmoeting met 'n seun ("Sonar", 47), die uitdagings van liefde en vaderskap oor groot afstande ("Zoom van Houston na Kaapstad", 58), na gedigte oor die oupa, die vaderfiguur en die ouerhuis ("Waterwyser", 62; "Strande wit paper", 63; "Ouerhuis", 65)."Seun met bagel" (60) en "Seun wat man word" ( 61) is aangrypende gedigte waarin bevestigend oor manlikheid geskryf word.Die laaste twee strofes van laasgenoemde gedig bly my by: en agter jou, in slordige gelid, staan ons: die softies, die sangers, die digters, die sissies, die oordinkers, die tingerige takhare ons sal saamhuil en saamsing totdat elke boytjie dit weet: water kan ook rotse breek Hier en daar het die bundel vir my effens te "deurgekomponeer" gevoel, maar dit is moontlik onregverdige kritiek vir 'n debuut.Verder is die lees van poësie vir my soos 'n skattejag om al die interessante broodkrummels van interteks uit te snuffel en te eien.Alhoewel ek kan insien dat dit moontlik bedoel was om beskuldigings van plagiaat te vermy, was dit vir my effense spelbederwery toe ek aan die einde van die bundel al die intertekstuele verwysings uitgespel sien.As geheel is waterman wel 'n knap bundel wat spreek van 'n digterlike vaardigheid wat stewig aan die ontluik is.

Fields of Study & Subjects

Poetry Analysis and Criticism Artistic and Creative Research Caribbean and African Literature and Culture

Publication details

Journal / source
Tydskrif vir letterkunde
Volume
62
Issue
2
Pages
84–86
Publication date
5 March 2026
Language
AF