Bonsaimeisies (Erla Diedericks)

Read full text
Authors: Mariëtte Van Graan
Cited by: 0

Abstract

En dit oortuig nie.Toegegee-sy erken dat daar 'n verskil is tussen die "doelbewuste besluit om van besittings ontslae te raak en die trauma wat jou tref wanneer jy oornag al jou besittings verloor" (47).Maar nietemin word die vrees en onsekerheid deurgaans as lyding en swaarkry voorgehou.Ek sê nie daarmee dat politieke vlugtelinge en armes alleenreg op vrees en weerloosheid het nie.Maar hoe lyk hierdie skryfwerk vir wat Elaine Castillo die "onbedoelde leser" noem?Vrees en weerloosheid van iemand wat "by straatkafees sit en Spritz drink […] en 'n speurtog aanpak om die plek met die beste tuisgemaakte roomys te vind" (67-8)?Die boek dra te swaar aan onselfbewuste bevoorregting om enigsins simpatie te wek.Dit sou anders kón.Die regte weerloosheid en vrees het nie te doen met 'n "swerwersbestaan" en onsekerheid van 'n "ewige reis" (haar woord-"ewig"!)nie.Dit is die vrees vir oudword, vir die sloping van verslawing en depressie en dat 'n verhouding onder hierdie druk kan swig, wat eintlik die aandag behoort te kry.Maar dié vrees word onondersoek gelaat.Die hebbelikheid om 'n lessie uit elke ervaring te wring, spruit dalk uit die oorsprong van die boek as Facebookplasings.Telkens sluit die hoofstukke met geleende, klinkende clichés: "Daar is nie 'n pad na geluk nie, geluk is die pad".Die beskrywings van die plekke wat besoek word, dra aan die stof van vorige reisigers: Athene is "die wieg van die Westerse beskawing"; Switserland is "té geordend"; die VSA bied te veel keuses.Weinig eie, oorspronklike insigte.Plekke word besoek om vorige reisigers se sonsondergange óók te beleef.Burgerlike skok oor die skamelgeklede prostitute langs die pad getuig van menings wat by voorbaat gevorm is en lei tot oordele van agter die motorruit uitgespreek.Daarom word dit 'n vervelige jaar.Die "vryheid" word 'n leë woord omdat niks regtig afgelê word nie.Plek-plek skemer sprankelend verwoorde eie insigte deur en jy onthou wie se werk jy lees: "Dis fantasties om soms uit te rafel-en dis onmoontlik om nie ten minste 'n bietjie uit te rafel as jy in New Orleans kuier nie-maar as jy te veel uitrafel, bly daar net toiings oor.Ek is nie meer lus om toiingrig te voel nie" (141).Sy hoop dat die jaar van reis haar sal help "om beter te skryf" (32).Die hoop beskaam.Selfs al is dit net om den brode geskryf, moet dit darem, soos Chris Barnard gesê het, "goeie skryfwerk" wees.En hier is te veel clichés, te hard probeer om lessies uit ervarings te wring en te min egtheid om goeie skryfwerk te wees.

Fields of Study & Subjects

Postcolonial and Cultural Literary Studies Literature: history themes analysis Autobiographical and Biographical Writing

Publication details

Journal / source
Tydskrif vir letterkunde
Volume
62
Issue
2
Pages
71–73
Publication date
5 March 2026
Language
AF